Alhoewel "saam met engele" Jean Marais se debuutalbum is, is Jean alles behalwe 'n nuweling in die Afrikaanse Lof- en Aanbiddingsmark.
In 2009 het Jean Marais saam met Louis Brittz die treffer album "Ons Koning kom!" by die Daniel mannekonferensie opgeneem. "Ons Koning kom!" het baie vinnig 'n top verkoper geword en het reeds meer as 7000 eenhede verkoop. Die album is ook genomineer vir 'n SAMA en TEMPO toekenning in 2010.
Jean se eie werk spog nou met van die beste liedtjies wat die Afrikaanse Lof- en Aanbiddingsmark gesien het sedert Retief Burger met die Luidkeels trio en beloof op net so GROOT - of wie weet... GROTER - sukses te wees.
Jy sal "Abba Vader" saamsing voor jy jou kom kry. Hou Jean Marais dop, want hier om 'n TREFFER!
OPSTAAN is Krisstel se tweede album en hernner vreeslik aan Nicole Nordeman, Sarah McClaglan en selfs Alanis Morrisette, maar in Afrikaans.
Met OPSTAAN vertoon Krisstel nie alleen fantastiese stem talent nie, maar praat sy met die hart van elke luisteraar in sterk en egte lirieke. Sy spoor elkeen aan om soos die Hebrieer in hoofstuk 12 se hulself te “..strip off every weight that slows us down... And let us run with endurance the race...
So take a new grip with your tired hands and stand firm on your shaky legs....you will not stumble and fall but will become strong.”
Hierdie album is vir jou omdat jy SOKKIEDANS treffers HAAT en hou van goeie musiek met kragtige lirieke!